Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN
"Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #27687] Di, 26 Oktober 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi’s en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
‘t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die “karos” -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine 'n egte “tonteldoos”! dalk
kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
skuur vir 'n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #33982 is 'n antwoord op boodskap #27687] Vr, 01 September 2000 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Londenboer  is tans af-lyn  Londenboer
Boodskappe: 18
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, is jy ooit nie hier nie?
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #33996 is 'n antwoord op boodskap #27687] Sa, 02 September 2000 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Londenboer wrote:

> Gloudina, is jy ooit nie hier nie?

Gloudina is 'n bot.
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #33997 is 'n antwoord op boodskap #27687] Sa, 02 September 2000 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mel  is tans af-lyn  Mel
Boodskappe: 58
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:39B0EE1D.391A2886@home.com...
> Londenboer wrote:
>> Gloudina, is jy ooit nie hier nie?
> Gloudina is 'n bot.

Hallo. Ek is die Mel bot. Aangename kennis!

--------------------------------------
"If you are going to commit premeditated murder, do some premeditating." Mel
After hearing about a guy who shot someone 5 times with a revolver and
claimed his finger jerked.

"> then you %#!&*%#'s
At least you refrained from calling them %++!&*%++'s, that would have hurt."
386sx in comp.lang.c

Mighty Mel's new supersonic design
|
---oo-O-oo---
(Crash and burn!)
--------------------------------------
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #34001 is 'n antwoord op boodskap #27687] Sa, 02 September 2000 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Mel wrote:

> Hallo. Ek is die Mel bot. Aangename kennis!
>

Ek praat nie met ander botte nie.
Ek is 'n bot bot.

Gloudina
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #34003 is 'n antwoord op boodskap #27687] Sa, 02 September 2000 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy gaan nog botter word as jy sien hoe die 'Smirk' se
kanse verbeter!

DD

On Sat, 02 Sep 2000 18:35:46 GMT, @home.com wrote:

> Mel wrote:
>
>> Hallo. Ek is die Mel bot. Aangename kennis!

>
> Ek praat nie met ander botte nie.
> Ek is 'n bot bot.
>
> Gloudina
>
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #34020 is 'n antwoord op boodskap #27687] So, 03 September 2000 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Protus  is tans af-lyn  Protus
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Sat, 02 Sep 2000 18:35:46 GMT:: @home.com skrywe:

> Mel wrote:
>
>> Hallo. Ek is die Mel bot. Aangename kennis!

>
> Ek praat nie met ander botte nie.
> Ek is 'n bot bot.
>
> Gloudina
>
"Dig" is dalk eerder die regte woord.
P.
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #47439 is 'n antwoord op boodskap #27687] So, 29 Julie 2001 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P.B.S.  is tans af-lyn  P.B.S.
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
het julle ook probleme met die nuusgroep?
skryf in boodskap news:3B61B13B.A78F391A@home.com...
BLOMMEKYKERS
George Weideman

juliemaand en die familie skryf
sal daar blomme wees vanjaar?
is vooruitsigte goed of sleg?
nooit vra hoe staan die koring
het dit al gereën het die skaap kondisie nie
aljimmers net die blomme

en end Augustus kom die konvooie
uit die kaap die baai en die transvaal
kom kombi’s en langslapgatkarre
kom trap gousblom en sporrie snuif
kom bier en braairib in die hand
die kameras die zirr en klik
van kykgat tot by kamieskroon
(tot selfs ouma nie meer kan lag nie)

julle noordwesters is darem gasvry
maar hoe leef julle sonder tv?
‘t amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
maar verdeë of hy sal verstaan
as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
sien ons hoe wissel kleur op kleur:
bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
en die baldadigste geel varkensknol
saans die son pure bontkopdoek
snags die sterre ons eie silwerdoek
vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut

maar as die blomme vir hulle te veel word
of die water darem te brak, dan pak hulle in
wat die oë sien en die hande kan dra:
here wat sal pam sê van die “karos” -
wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
imagine ‘n egte “tonteldoos”! dalk
kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
skuur vir ‘n deurstop vat
en o ja dankievirriewildsbiltong
dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
uit hierdie godverlate gat

somtyds voel mens
jy sien net die bittergousblom
en gifmelkbos
somtyds wil mens bid
kom toemaakmis
kom trek jou sluier
kom maak jou kinders se oë toe
of oostewind
kom waai jou waai
kom waai maar
alles
moerland toe
Re: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #47443 is 'n antwoord op boodskap #27687] Ma, 30 Julie 2001 00:09 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

P.B.S. wrote:

> het julle ook probleme met die nuusgroep?

Die nuusgroep is bietjie stadig. Een van ons het homselfin albei voete
geskiet en weet nou nie of hy moet hink of
pink nie. Die res van ons uiter ons respektiewe sugte
van verligting, hopende dat ons (ten minste vir die voor-
sienbare toekoms) ontslae is van die man met die tien
af tone.

Tant Hessie wat nie van die verminkte
bobbejaan-tien-toon hou nie.

> BLOMMEKYKERS
> George Weideman
>
> juliemaand en die familie skryf
> sal daar blomme wees vanjaar?
> is vooruitsigte goed of sleg?
> nooit vra hoe staan die koring
> het dit al gereën het die skaap kondisie nie
> aljimmers net die blomme
>
> en end Augustus kom die konvooie
> uit die kaap die baai en die transvaal
> kom kombi's en langslapgatkarre
> kom trap gousblom en sporrie snuif
> kom bier en braairib in die hand
> die kameras die zirr en klik
> van kykgat tot by kamieskroon
> (tot selfs ouma nie meer kan lag nie)
>
> julle noordwesters is darem gasvry
> maar hoe leef julle sonder tv?
> 't amper vir hom gesê dankie ons sien ver genoeg
> maar verdeë of hy sal verstaan
> as ons ver oor die vlaktes na die weste tuur
> sien ons hoe wissel kleur op kleur:
> bedags strikdassies pietsnot en hongerblom
> en die baldadigste geel varkensknol
> saans die son pure bontkopdoek
> snags die sterre ons eie silwerdoek
> vroegskemer smôrs misroepertjie wat fuuut
> die mis stoot oor klaasvakie stout sê sjuut
>
> maar as die blomme vir hulle te veel word
> of die water darem te brak, dan pak hulle in
> wat die oë sien en die hande kan dra:
> here wat sal pam sê van die "karos" -
> wat is dit nou weer? dassie of wildekat?
> hoe groen sal ou herbie nie wees nie!
> imagine 'n egte "tonteldoos"! dalk
> kan jy die watsenaam - gat, né? - gat-
> skuur vir 'n deurstop vat
> en o ja dankievirriewildsbiltong
> dis awfulnicevanjulle sê my watsievinnigstepad
> uit hierdie godverlate gat
>
> somtyds voel mens
> jy sien net die bittergousblom
> en gifmelkbos
> somtyds wil mens bid
> kom toemaakmis
> kom trek jou sluier
> kom maak jou kinders se oë toe
> of oostewind
> kom waai jou waai
> kom waai maar
> alles
> moerland toe
Vorige onderwerp: Jy sê vir My: "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: Uit "Kwatryne" deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:28:51 MGT 2024